Beste Kobus
Ons wil graag namens die N.G Kerk van Wolseley vir jou baie dankie sê vir al jou harde werk om ons gemeente se webwerf so mooi te maak. Ek dink nie mens besef werklik hoeveel ure daaraan spandeer word as jy nie self daarmee werk nie.
Jy het regtig waar ons `n groot guns gedoen en baie geld gespaar! Baie dankie vir jou groot aandeel daaraan om ons, as Gemeente op so mooi manier aan die Wêreld bekend te stel ons waardeer dit regtig baie.
Vriendelike Groete
